Thursday, January 29, 2009


Die grond is deur n slootgrawer voorberei. Die kalk is ongeveer 60cm diep in die grond sigbaar as n wit band. Die operateur het net die grond omgedop en daar het geen vermenging plaasgevind nie. Dit word baie in die veld waargeneem. Die slootgrawer se bak is te groot en die operateurs te haastig. Ek sal altyd eerste aanbeveel om n regte dolploeg te gebruik voordat n slootgrawer oorweeg word.