Wednesday, March 18, 2009

Since I write to all to show what I see in the field and not every one can read Afrikaans, I thought I'll write some in english, as long as everyone understand that this is my second language.

This picture was taken a view months after planting. There was no trellis system and the hole around the stem is due to the rocking effect in the wind.

Thursday, February 5, 2009

Ek moet net opvolg op die kluite storie. Ons het aanbeveel dat hulle met n water lorrie water op die grond gooi. Die lorrie het so n paar keer heen en weer gery en volgens volume in tenk en grond kenmerke probeer om so die boonste 20 na 30cm nat te maak. Volgens die bestuurder se het dit baie goed gewerk. Ons kan nog nie keer dat die ondergrond kluite maak nie maar die bogrond lyk baie beter en kluite breek baie goed op. Ek herhaal net weer: Dit is uiters belangrik om grondvoorbereiding te doen by optimale grondvog

Tuesday, February 3, 2009


Hier is n baie goeie voorbeeld van gronde wat te droog voorberei word. Die gronde breek op in kluite wat dieselfde invloed het as klippe, wortels kan nie die volume benut nie. Gronde moet teen optimale grondvog bewerk word om kleuite te voorkom.

Thursday, January 29, 2009


Die grond is deur n slootgrawer voorberei. Die kalk is ongeveer 60cm diep in die grond sigbaar as n wit band. Die operateur het net die grond omgedop en daar het geen vermenging plaasgevind nie. Dit word baie in die veld waargeneem. Die slootgrawer se bak is te groot en die operateurs te haastig. Ek sal altyd eerste aanbeveel om n regte dolploeg te gebruik voordat n slootgrawer oorweeg word.