Friday, May 18, 2012

Fietsry deur Baviaanskloof

Die begin uit Patensie
Bo-op Elandsrivier pad
Bo-op Elandsrivier pad
Die "AF" draai na Grootrivierpoort
Die pad na Grootrivierpoort

Die pad na Grootrivierpoort
Van daar het ons gekom
Daar lĂȘ nog n mooi dele voor
Die laaste stukkie val tot in die poort (uitgang in agtergrond sigbaar)

Deur die poort
Die pad uit die poort

Nog op

Eerste aand tot laat gery maar uitsig was die moeite werd

Die lang pad langs die berg af oppad Willomore se kant toe

Daai berg moes ons oor om in Baviaans te kom

Daar gaan ons om die berg te takel

Dit was steil

Toe word dit slegter

En toe is dit BAIE sleg
Toe is ons bo op die berg met Steytlerville aan die linkerkant en Baviaanskloof regs

En toe die slegte pad af
Nie almal het kans gesien om af te ry nie

Die steilte tot in die Baviaans
 
In die Baviaans deur water
 
Oor passe

Met genoeg stoppe en n koppie tee

Die bad by Doodsklip kampterein

Nog passe

Queen Victoria

Die oranje en geel span 

Uit die Baviaans


Wednesday, March 18, 2009

Since I write to all to show what I see in the field and not every one can read Afrikaans, I thought I'll write some in english, as long as everyone understand that this is my second language.

This picture was taken a view months after planting. There was no trellis system and the hole around the stem is due to the rocking effect in the wind.

Thursday, February 5, 2009

Ek moet net opvolg op die kluite storie. Ons het aanbeveel dat hulle met n water lorrie water op die grond gooi. Die lorrie het so n paar keer heen en weer gery en volgens volume in tenk en grond kenmerke probeer om so die boonste 20 na 30cm nat te maak. Volgens die bestuurder se het dit baie goed gewerk. Ons kan nog nie keer dat die ondergrond kluite maak nie maar die bogrond lyk baie beter en kluite breek baie goed op. Ek herhaal net weer: Dit is uiters belangrik om grondvoorbereiding te doen by optimale grondvog

Tuesday, February 3, 2009


Hier is n baie goeie voorbeeld van gronde wat te droog voorberei word. Die gronde breek op in kluite wat dieselfde invloed het as klippe, wortels kan nie die volume benut nie. Gronde moet teen optimale grondvog bewerk word om kleuite te voorkom.

Thursday, January 29, 2009


Die grond is deur n slootgrawer voorberei. Die kalk is ongeveer 60cm diep in die grond sigbaar as n wit band. Die operateur het net die grond omgedop en daar het geen vermenging plaasgevind nie. Dit word baie in die veld waargeneem. Die slootgrawer se bak is te groot en die operateurs te haastig. Ek sal altyd eerste aanbeveel om n regte dolploeg te gebruik voordat n slootgrawer oorweeg word.

Monday, July 7, 2008

Smeer tydens grondvoorbereiding


Dit is hoe grond lyk wat ongeveer 15 jaar te vore teen verkeerde grondvog voorberei is en die ploeg-skaar die grond gesmeer het.