Thursday, January 29, 2009


Die grond is deur n slootgrawer voorberei. Die kalk is ongeveer 60cm diep in die grond sigbaar as n wit band. Die operateur het net die grond omgedop en daar het geen vermenging plaasgevind nie. Dit word baie in die veld waargeneem. Die slootgrawer se bak is te groot en die operateurs te haastig. Ek sal altyd eerste aanbeveel om n regte dolploeg te gebruik voordat n slootgrawer oorweeg word.

Monday, July 7, 2008

Smeer tydens grondvoorbereiding


Dit is hoe grond lyk wat ongeveer 15 jaar te vore teen verkeerde grondvog voorberei is en die ploeg-skaar die grond gesmeer het.